Example Sentences in Bilingual School Dictionaries

  • Liezl Potgieter Department Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch
Trefwoorden: skoolwoordeboek, gebruiker, gebruikersbehoeftes, voorbeeldsin, woordeskat, lemma, sitaat, sitaatvoorbeeld, gebruiksvoorbeeld

Samenvatting

Voorbeeldsinne in tweetalige skoolwoordeboeke. Woordeboeke word saamgestel vir 'n spesifieke gebruikersgroep en die inhoud en aanbieding moet daarom op die spesifieke teikengroep gerig wees. In die verlede is woordeboeke dikwels saamgestel sonder dat die leksikograwe werklik tyd daaraan bestee het om navorsing te doen oor die beoogde gebruikers en hulle spesifieke behoeftes. Skoolwoordeboeke is veral saamgestel sonder dat daar veel of enige aandag aan die gebruikers en hulle behoeftes geskenk is. In hierdie artikel sal daar gekyk word na die rol van voorbeeldsinne in woordeboekinskrywings, verskillende tipes voorbeeldsinne sowel as die kriteria vir voorbeeldsinne in tweetalige skoolwoordeboeke om te verseker dat die eindproduk natuurlik, tipies, informatief, verstaanbaar en van nut is vir die gebruiker.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Potgieter, L. (2012). Example Sentences in Bilingual School Dictionaries. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1007
Sectie
Artikels/Articles