Aspekte van sintaktiese inligting in verklarende Afrikaanse woordeboeke

  • W.F. Botha Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika

Résumé

Sintaktiese inligting in verklarende Afrikaanse woordeboeke word nie op konsekwente wyse by leksikale en multileksikale lemmas aangebied nie en nuwe terminologie en inligting uit die teoretiese taalkunde word selde weerspieël. Drie gleuwe vir sintaktiese inligting in die artikel van 'n lemma word voorgestel: 'n gleuf vir 'n leksikale-itemklassifikasie, 'n gleuf vir inligting omtrent die tipiese sintaktiese optrede van 'n lemma en 'n derde gleuf vir voorbeeldmateriaal waarin ook eksplisiete inligting omtrent atipiese sintaktiese optrede verskaf word. Voorstelle word gemaak vir die aangawe van sintaktiese inligting in die artikels van multileksikale lemmas. Daar word ook gekyk na praktiese oplossings vir die weerspieëling van nuwe inligting en terminologie uit die teoretiese taalkunde.  
Comment citer
Botha, W. (1). Aspekte van sintaktiese inligting in verklarende Afrikaanse woordeboeke. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1097
Rubrique
Artikels/Articles