Wat maak ons met die skarminkel in die jonkmanskas, of: aspekte van die gesag van die woordeboek
Abstract
Dit is algemeen bekend dat die gewone taalgebruiker 'n buitengewone gesag aan die woordeboek toeken, wat 'n geweldige verantwoordelikheid op die skouers van die leksikograaf plaas. Veral die taalkundige gegewens moet bo verdenking wees. Hoe moeilik dit is om altyd hierdie gegewens te bekom, word aan die hand van 'n vyftal voorbeelde geïllustreer. Spesiale aandag word verder gevestig op die probleem van die verskuiwing in betekenis wat nog nie voltooi is nie. Vervolgens word die kwessie van die teëstelling deskriptief/preskriptief aan die orde gestel. Die meeste taalkundiges bring lippediens aan die standpunt dat 'n woordeboek net deskriptief mag wees. Skrywer probeer aantoon dat geen woordeboek hieraan voldoen nie: reeds die weglaat van 'n woord of vorm is al preskripsie; verder word die taal beskryf van die opgevoede, of 'n bepaalde gerespekteerde groep, nie van alle sprekers nie. Die gebruiker van die woordeboek eis leiding, en dan ook duidelike leiding van die leksikograaf. Skrywer stel hom tans, anders as vroeër, op die standpunt dat die woordeboekmaker, by name die maker van 'n handwoordeboek, nie moet skroom om hierdie leiding duidelik te gee nie, dus preskriptief moet wees, indien nodig selfs op blatante wyse.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0