Aspekte van sintaktiese inligting in verklarende Afrikaanse woordeboeke
Abstract
Sintaktiese inligting in verklarende Afrikaanse woordeboeke word nie op konsekwente wyse by leksikale en multileksikale lemmas aangebied nie en nuwe terminologie en inligting uit die teoretiese taalkunde word selde weerspieël. Drie gleuwe vir sintaktiese inligting in die artikel van 'n lemma word voorgestel: 'n gleuf vir 'n leksikale-itemklassifikasie, 'n gleuf vir inligting omtrent die tipiese sintaktiese optrede van 'n lemma en 'n derde gleuf vir voorbeeldmateriaal waarin ook eksplisiete inligting omtrent atipiese sintaktiese optrede verskaf word. Voorstelle word gemaak vir die aangawe van sintaktiese inligting in die artikels van multileksikale lemmas. Daar word ook gekyk na praktiese oplossings vir die weerspieëling van nuwe inligting en terminologie uit die teoretiese taalkunde.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0