'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX

  • Danie Prinsloo AFRILEX

Abstract

Met die 11de uitgawe van Lexikos en die 6de internasionale konferensie van die African Association for Lexicography (AFRILEX) agter die rug, kan mens met reg trots wees op die suksesverhaal van AFRILEX en Lexikos. Lexikos verwerf toenemend nasionaal en internasionaal bekendheid as 'n leksikografietydskrif van besonder ho? gehalte. AFRILEX tel eweneens onder die toonaangewende leksikografieverenigings in die w?reld en 'n rekordaantal nuwe lede het vanjaar aangesluit. AFRILEX bied 'n tuiste aan almal wat belangstel in een of ander aspek van die leksikografie en speel 'n belangrike ondersteunende rol in die totstandbrenging van woordeboekeenhede vir die Afrikatale deur die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad. Benewens die jaarlikse internasionale konferensie, fasiliteer AFRILEX 'n aantal seminare, werkswinkels en tutoriale en kommunikeer met lede deur sy nuusbrief en verskeie omsendbriewe.
How to Cite
Prinsloo, D. (1). ’n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX. Lexikos, 11. https://doi.org/10.5788/11-0-836
Section
Redaksioneel/Editorial