'n Woord van AFRILEX/A Few Words from AFRILEX

  • Mariëtte Alberts

Abstract

Taalpraktisyns wat gemoeid is met leksikografie en terminologie/terminogra-fie werk met standaarde — óf die standaardvariëteit van 'n taal óf standaarde as sodanig.Leksikograwe stel woordeboeke saam deur (gewoonlik) die woordeskat van die standaardtaal te dokumenteer. Sou hulle 'n woordeboek saamstel wat nie die standaardvariëteit van die taal behels nie, word sodanige woordeboek gewoonlik 'n dialekwoordeboek genoem.Terminoloë aan die ander kant dokumenteer terminologie met die doel om vakspesialiste en leke van standaardterme te voorsien wat die ooreen-stemmende begrippe verteenwoordig. In vakgerigte werk is dit baie belangrik om gestandaardiseerde terme te gebruik om eksakte kommunikasie nie alleen tussen vakkundiges onderling nie, maar ook tussen vakkundiges en leke te bewerkstellig.
Published
2011-10-20
How to Cite
Alberts, M. (2011). ’n Woord van AFRILEX/A Few Words from AFRILEX. Lexikos, 15. https://doi.org/10.5788/15-0-32
Section
Redaksioneel/Editorial