Voorwoord/Foreword
Abstract
Vanjaar is dit tien jaar sedert AFRILEX tot stand gekom en Lexikos die ampte-like mondstuk van AFRILEX geword het. In hierdie nommer verskyn 'n kort oorsig deur dr. Mariëtta Alberts, die huidige President van AFRILEX, oor die aanloop tot die totstandkoming, en die samestelling en aktiwiteite van AFRI-LEX. Ook word die beleidsrede van prof. R.R.K. Hartmann ingesluit soos van-jaar gedurende Julie gelewer tydens die Tiende Internasionale Konferensie van AFRILEX in Bloemfontein. Dit is 'n gepaste insluiting aangesien prof. Hart-mann as voorsitter en fasiliteerder opgetree het by die totstandkoming van AFRILEX tydens die Agste Internasionale Konferensie van ALASA gedurende Julie 1995 op Stellenbosch.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0