W.F.J. Steenkamp en/and H.J.J. Reynders (Hoofredakteurs/Chief Edi-tors. Ekonomiese en Bedryfswoordeboek: Engels–Afrikaans/Dictionary of Eco-nomics and Business: English–Afrikaans

  • Sieg Marx

Abstract

Die Ekonomiese en Bedryfswoordeboek/Dictionary of Economics and Business (voor-taan afgekort as EBW) is 'n hersiene en vermeerderde uitgawe van die Ekono-miewoordeboek/Economics Dictionary (EW) van W.F.J. Steenkamp wat reeds in 1976 verskyn het. In die voorberig van EW sê Steenkamp: "Die boek was ruim 'n kwarteeu in die maak" en "As hierdie laat vrug van ons taalbewegings egter daartoe bydra om die Afrikaans van die ekonomiese wetenskappe en die bedryfslewe te suiwer en te versterk, sal 'n mens jou met hierdie nalopery mak-lik genoeg kan versoen". En nou, na nog 28 jaar, verskyn die EBW onder die redaksiekomitee van wyle prof. W.F.J. Steenkamp en drr. C. de Jong, S.J. Kleu en H.J.J. Reynders. Hierdie EBW is dus die resultaat van meer as 50 jaar se entoesiasme vir Afrikaans en skerp taalkundige insig van al die instansies en persone wat op een of ander wyse 'n bydrae gelewer het tot die inhoud en tot-standkoming daarvan. Met Engels as brontaal het die getal lemmas meer as verdubbel — van 39 000 tot oor die 90 000.
Published
2011-10-20
How to Cite
Marx, S. (2011). W.F.J. Steenkamp en/and H.J.J. Reynders (Hoofredakteurs/Chief Edi-tors. Ekonomiese en Bedryfswoordeboek: Engels–Afrikaans/Dictionary of Eco-nomics and Business: English–Afrikaans. Lexikos, 15. https://doi.org/10.5788/15-0-29
Section
Resensies/Reviews