Eppur si muove: Lexicography is Becoming Intelligent!

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; International Centre for Lexicography, Valladolid University, Spain; Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark; and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark

Samenvatting

Eppur si muove: Die leksikografie word intelligent! In hierdie artikel word gefokus op 'n deurlopende N&O-projek wat die outeur saam met Spaanse leksiko­grawe, asook rekenaarwetenskaplikes van 'n hoëtegnologiemaatskappy, wat spesialiseer in aanlyn­woor­de­boeke en taaldienste, onderneem. Dit het die ontwikkeling van 'n KI-gedrewe Spaanse skryf­hulp­middel vir beide moeder- en niemoedertaalskrywers en -leerders ten doel. Ná 'n kort bespre­king van die huidige ervaring met digitale skryfhulpmiddels word die konkrete projek, waar­van die lek­si­kograwe se taak, aan die een kant, is om 'n bydrae te lewer tot die afrigting van die onderlig­gende taalmodel, en aan die ander kant, om 'n model vir goeie kommunikasie tussen die werktuig en die gebruikers daarvan te beskryf, uitvoerig uit­een­gesit. Gebaseer op 'n studie van die ervaring in bestaande skryfhulpmiddels, sal daarna 'n stel begin­sels vir gebruikerskommuni­ka­sie geformu­leer word wat in die skryfhulpmiddel geïmple­men­teer sal word. In die artikel word voorbeelde gegee van hoe die implementering plaasvind, watter nuwe uitdagings teengekom word, en hoe die skryf­hulp­middel uiteindelik sal funksioneer. Laas­tens word die leksikograaf se nuwe take bespreek en 'n paar vooruitsigte vir toekomstige werk word uiteengesit. Sleutelwoorde: skryfhulpmiddels, gebruikerskommunikasie, leksiko­gra­fiese kontekstualisering, geïntegreerde woordeboeke, glosse, 'n nuwe tipe leksikografiese data, toevallige leer, doelbewuste leer, lemmagesen­treerde leksikografiese databasisse, probleemgesentreerde leksikografiese data­basisse
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Tarp, S. (2023). Eppur si muove: Lexicography is Becoming Intelligent!. Lexikos, 33(2), 107-131. https://doi.org/10.5788/33-2-1841