Elektroniese WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal, A tot R)
Abstract
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is die omvangrykste projek ooit rondom die Afrikaanse woordeskat. Dit dokumenteer hierdie woordeskat in sy wydste omvang — nie slegs Standaardafrikaans nie, maar ook die ander variëteite van Afrikaans. Alle vorme, hetsy dit omgangstaal, spreektaal, streektaal of standaardtaal is, word weerspieël. Vir alle moderne en kontemporêre gebruikers is dit nou ook in elektroniese formaat beskikbaar. Dit behels 'n omvattende, elektroniese verwysingsbron met gevorderde soekfunksies wat nie bloot die data van die gedrukte dele van die WAT bevat nie, maar ook 'n kerntesourus van Afrikaans as bonus het.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0