Effect of Menus on EFL Learners' Look-up Processes

  • Y. Tono Tokyo Gakugei University, Tokyo, Japan
Trefwoorden: woordeboekgebruiker, gebruiksnavorsing, woordeboekuitleg, leksikografie, aanleerderswoordeboek, naslaanvaardighede, naslaanprosesse, polisemie, opvoedkundige woordeboek, empiriese navorsing, kieslys, eksperimentele ontwerp

Samenvatting

<b>Die effek van kieslyste op die naslaanprosesse in EVT-aanleerderswoordeboeke</b>In hierdie artikel word die belangrikheid van empiriese navorsing oor woordeboekgebruikers beklemtoon en word spesifiek die uitwerking van die sogenaamde "kieslys" ('n lys definisies aan die begin van 'n polisemiese artikel) op die naslaanprosesse in EVT- (Engels as 'n vreemde taal) aanleerderswoordeboeke ondersoek. Die kieslys het toenemend gewild geword in Engelse aanleerderswoordeboeke in Japan, maar geen empiriese bewyse het nog getoon dat dit werklik doeltreffend is vir naslaanhandelinge nie. Twee groepe proefpersone met verskillende vlakke van naslaanvaardighede is waargeneem terwyl hulle gegewe inligting met behulp van twee verskillende soorte miniwoordeboeke nageslaan het, een <i>met</i> en die ander <i>sonder</i> 'n kieslys. Die resultate het getoon dat die kieslys nie so doeltreffend was vir die ervare gebruikers nie, maar dat dit die minder ervare gebruikers gehelp het om die paslike inligting te kry.  
Citeerhulp
Tono, Y. (1). Effect of Menus on EFL Learners’ Look-up Processes. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1136
Sectie
Artikels/Articles