F. Heyvaert, A. Moerdijk, M. Mooijaart, M. Smits en R. Tempelaars (redactie). Het grootste woordenboek ter wereld: Een kijkje achter de kolommen van het Woordenboek der Nederlandsche Taal (WNT)

Gerhard van Wyk

Abstract


In die eerste gedeelte van hierdie resensie gaan ek aan die hand van bepaalde artikels probeer aantoon in watter opsig die WNT as die grootste woordeboek ter wêreld beskou kan word. In sy artikel "Het WNT in cijfers" bied A. Moerdijk syfers aan om die omvang van die WNT aan te toon. Hy noem onder andere dat die WNT 30 dele beslaan wat in 40 volumes ("banden") ingedeel is. Dit sluit die een supplementdeel in. (Daar is meer volumes as dele, aangesien sommige dele om bepaalde redes in kleiner dele of "deelstukken" opgedeel moes word. Elke deel en "deelstuk" kry 'n eie volume.) Verder beslaan die WNT 45 805 bladsye (of, volgens 'n spesiale berekening van die drukker van die WNT, meer as 117 000 gewone "boekbladsye"). Moerdijk beweer dat die omvang van 'n woordeboek deur die hoeveelheid karakters bepaal word. Volgens 'n berekening van die drukker bevat die WNT meer as 309 miljoen karakters.

Full Text:

PDF


DOI: https://doi.org/10.5788/11-0-861

Refbacks

  • There are currently no refbacks.



ISSN 2224-0039 (online); ISSN 1684-4904 (print)

Creative Commons License CC BY 4.0


Powered by OJS and hosted by Stellenbosch University Library and Information Service since 2011.


Disclaimer:

This journal is hosted by the SU LIS on request of the journal owner/editor. The SU LIS takes no responsibility for the content published within this journal, and disclaim all liability arising out of the use of or inability to use the information contained herein. We assume no responsibility, and shall not be liable for any breaches of agreement with other publishers/hosts.

SUNJournals Help