TY - JOUR AU - Gouws, R.H. PY - 1970/01/01 Y2 - 2024/03/28 TI - 'n Woord van AFRILEX/A Few Words from AFRILEX JF - Lexikos JA - Lex VL - 18 IS - 0 SE - Redaksioneel/Editorial DO - 10.5788/18-0-472 UR - https://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/472 SP - AB - Volgens 'n ou Kaapse gesegde is 'n vakvereniging sonder 'n eie tydskrif soos 'n spook sonder 'n laken. AFRILEX is dankbaar dat Lexikos aan ons vereniging volwaardige en omvattende spookstatus gee. Sedert sy stigting in 1995 is AFRILEX gekenmerk as 'n vereniging wat verskeidenheid vertoon. Dit is merkbaar aan sy lede wat 'n mengsel van teoretiese leksikograwe, praktiese leksikograwe en ander leksikografies geïnteresseerdes is, afkomstig uit Suid-Afrika, elders uit Afrika en uit verskeie lande buite Afrika. Die verskeidenheid is ook sigbaar wat betref die inhoud van die jaarlikse kongresprogramme waar onderwerpe van uiteenlopende aard bespreek word. Die aard van die leksikografiese bedrywighede van ons lede, die projekte uit alle sfere van die leksikografiese praktyk en die verskillende, en dikwels opponerende, teoretiese denkrigtings vertoon ook hierdie verskeidenheid. Dit is vir AFRILEX belangrik dat ons tydskrif 'n soortgelyke verskeidenheid moet weerspieël. Vanjaar se Lexikos doen presies dit en doen dit met sukses. Die temas wat in die artikels behandel word, die herkoms van die medewerkers maar ook die verskeidenheid onderafdelings in hierdie nommer van Lexikos ondersteun die beginsel van verskeidenheid. Hierdie verskillende onderafdelings maak dit ook moontlik dat die bestek van die leksikografiese verslaggewing aansienlik verbreed word. AFRILEX waardeer die mate waarin so baie leksikografies geïnteresseerdes bydra tot ons tydskrif maar waardeer eweneens die sorg waarmee die redakteur, dr. J.C.M.D. du Plessis, en me. Riette Ruthven daarin slaag om daardie bydraes te kies wat die publikasie van 'n tydskrif van internasionale gehalte verseker. ER -