@article{de Gregorio-Godeo,_2011, title={Remarks on the Elaboration of an English–Spanish Wordcombination Dictionary}, volume={20}, url={https://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/137}, DOI={10.5788/20-0-137}, abstractNote={<p>ABSTRACT: Through a focus on word-combination analysis in bilingual dictionaries, this article presents the epistemological and methodological background for an ongoing research and editorial project aiming to produce an English–Spanish dictionary of multi-word combinations. After a discussion of the treatment of word combinations as a phenomenon in different types of dictionaries, the lexicographic process guiding the elaboration of the dictionary is described. In addition to the preliminary plan and the fieldwork undertaken for this dictionary-making project, a detailed account is given of the principles determining the inclusion of entries and their presentation within the dictionary. The typology of word combinations included in the dictionary and the structure of entries is accordingly dealt with prior to making some remarks regarding the final presentationand- revision stage currently being carried out. Because this article is based on current research intending to compile an English–Spanish dictionary of multi-word expressions, emphasis is constantly laid on a usage context where the source language is English and the target language Spanish. By considering the potential users of the English–Spanish word-combination dictionary examined here, some concluding remarks are made with regard to the educational implications of this kind of dictionary primarily aimed at intermediate- to advanced-level Spanish-speaking EFL learners.</p><p>OPSOMMING: Opmerkings oor die bewerking van ’n Engels–Spaanse woordeboek van woordverbindings. Deur op die ontleding van woordverbindings in tweetalige woordeboeke te fokus, gee hierdie artikel die epistemologiese en metodologiese agtergrond vir ’n voortgesette navorsings- en redigeringsprojek met as doel die totstandbrenging van ’n Engels–Spaanse woordeboek van meerwoordige verbindings. Na ’n bespreking van die behandeling van woordverbindings as ’n verskynsel in verskillende woordeboeksoorte, word die leksikografiese proses beskryf wat die bewerking van die woordeboek rig. Benewens die voorlopige plan en die veldwerk gedoen vir hierdie woordeboeksamestellingsprojek, word ’n uitvoerige verslag gegee van die beginsels wat die insluiting van inskrywings en hul aanbieding in die woordeboek bepaal. Die tipologie van die woordverbindings ingesluit in die woordeboek en die struktuur van die inskrywings word dus ook behandel voor daar ’n aantal opmerkings gemaak word oor die finale aanbieding- en hersieningstadium wat tans voltooi word. Omdat hierdie artikel gebaseer is op huidige navorsing met die doel om ’n Engels–Spaanse woordeboek van meerwoordige uitdrukkings saam te stel, word die klem gedurig geplaas op ’n gebruikerskonteks waar die brontaal Engels en die doeltaal Spaans is. Deur inagneming van die potensiële gebruikers van die Engels– Spaanse woordeboek van woordverbindings wat hier bespreek word, word ’n aantal slot-opmerkings gemaak met betrekking tot die opvoedkundige implikasies van hierdie soort woordeboek wat primêr gerig is op middelbare- tot gevorderdevlak- Spaanssprekende EVT-aanleerders.</p><p>Sleutelwoorde: MEERWOORDIGE UITDRUKKINGS, MEERWOORDIGE VERBINDINGS, KOLLOKASIES, IDIOMATIESE UITDRUKKINGS, ENGELS–SPAANSE TWEETALIGE WOORDEBOEKE, LEKSIKOGRAFIE, FRASEOLOGIESE EENHEDE</p&gt;}, journal={Lexikos}, author={de Gregorio-Godeo, Eduardo}, year={2011}, month={Oct.} }