@article{Cloete_1, title={Anton F. Prinsloo: Sleng: Woorde, uitdrukkings en hul herkoms}, volume={17}, url={https://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/1187}, DOI={10.5788/17-0-1187}, abstractNote={As die jongste toevoeging tot Anton Prinsloo se bruikbare naslaanwerke oor Afrikaans wat terselfdertyd aangename leesstof is, vul Sleng ’n leemte in die boekstawing van die Afrikaanse omgangstaal. Soos met o.a. Feite, flaters, fiksie: ’n Opgaaf van die ware, die onware en die onwaarskynlike (2001) en Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (2004) is Sleng nie alleen op taalpraktisyns gemik nie, maar is dit ook baie toeganklik vir die gewone taalgebruiker. Die boek bied eerstens ’n omvattende versameling woorde en uitdrukkings wat tans as om-gangstaal (en dus substandaard) gereken word, maar gee daarnaas ook die "korrekte" Afrikaanse ekwivalent en die Engelse vertaling daarvan. Interessan-te feite oor die herkoms van die slengwoorde en -uitdrukkings skep boonop die geleentheid vir ’n boeiende leeservaring.}, journal={Lexikos}, author={Cloete, A.E.}, year={1}, month={1} }