'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX

  • Danie Prinsloo AFRILEX

Abstract

Die leksikografiese proses in Suid-Afrika het momentum in 1999-2000 verkry met 'n reeks aktiwiteite wat toegespits is op die stigting van woordeboekeenhede vir die amptelike tale in Suid-Afrika. Daar Ie egter 'n lang pad voor alvorens die samesteIIing van woordeboeke vir die elf amptelike tale net so gesofistikeerd sal wees as byvoorbeeld moderne woordeboeke vir Afrikaans, Engels, Duits, Frans, ens. Heelwat struikelblokke moet nog oorkom word veral ten opsigte van opleiding, rekenaarprogramme, gebruikersbehoeftes en burokrasie. Die African Association for Lexicography (Afrilex) loof hierdie inisiatiewe en neem aktief deel aan die proses ter ondersteuning van die inisiatiewe van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad en sal voortgaan met sodanige aktiewe betrokkenheid ten einde hierdie doelstellings te bereik.
How to Cite
Prinsloo, D. (1). ’n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX. Lexikos, 10. https://doi.org/10.5788/10-0-884
Section
Redaksioneel/Editorial