'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX

  • Danie Prinsloo AFRILEX

Abstract

Met die 12de uitgawe van Lexikos en die Sewende Internasionale Konferensie van die African Association for Lexicography (AFRILEX) agter die rug kry die suksesverhaal van AFRILEX en Lexikos steeds meer gestalte. Bykans 100 lede en belangstellendes het die Konferensie in Grahamstad bygewoon en 40 voordragte is gelewer. Lexikos verwerf toenemend nasionaal en internasionaal bekendheid as 'n leksikografietydskrif van besonder ho? gehalte. AFRILEX tel eweneens onder die toonaangewende leksikografieverenigings in die w?reld AFRILEX bied 'n tuiste aan almal wat belangstel in een of ander aspek van die leksikografie en speel, met die hulp van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad, 'n belangrike ondersteunende rol in die ontwikkeling van woordeboekeenhede vir die Afrikatale. Benewens die jaarlikse internasionale konferensie, fasiliteer AFRILEX 'n aantal seminare, slypskole en tutoriale en kommunikeer met lede deur sy nuusbrief en verskeie omsendbriewe.
How to Cite
Prinsloo, D. (1). ’n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX. Lexikos, 12. https://doi.org/10.5788/12-0-757
Section
Redaksioneel/Editorial