Johann R.E. Lutjeharms. Oseanologiewoordeboek Engels?Afrikaans/Dictionary of Oceanology English?Afrikaans

  • R.H. Gouws Department Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Een van die opvallende kenmerke van die onlangse ontwikkeling in die teoretiese leksikografie is die klem op die onderskeid tussen algemene leksikografie en gespesialiseerde leksikografie en die daaruitspruitende opbloei in die leksikografiepraktyk van vak- of gespesialiseerde woordeboeke. Hierdie nuwe generasie vakwoordeboeke is leksikografiese naslaanbronne waarvan die samestelling voorafgegaan is deur die opstel van 'n volwaardige woordeboekplan wat voorsiening maak vir sowel 'n vakkundige basis as 'n stewige metaleksikografiese grondslag. Soos in die algemene leksikografie staan die gebruiker en sy/haar behoeftes ook sentraal in die opstel van vakwoordeboeke, en in die vasstelling van die gebruikersprofiel word die aard en omvang van die leksikografiese bewerking grootliks bepaal deur leksikografiese funksies. In hierdie verband is multifunksionele woordeboeke dikwels die teiken van die leksikografiese proses met 'n aanbod wat vir sowel kennisgerigte as kommunikasiegerigte funksies voorsiening maak.
How to Cite
Gouws, R. (1). Johann R.E. Lutjeharms. Oseanologiewoordeboek Engels?Afrikaans/Dictionary of Oceanology English?Afrikaans. Lexikos, 14. https://doi.org/10.5788/14-0-707
Section
Resensies / Reviews